Wednesday 12 June 2013

In Moskou aangekom

Toe ons in Moskou aangekom het toe sien ons in die vlug tydskrif dat die beste manier (en vinnigste) om in Moskou te kom is met die sneltrein. Ons maak toe so maar toe ons by die hoofstasie kom, toe besluit Pa hy wil die Metro ervaar. Daar is ons toe met 5 swaar sakke en ons moet rondsukkel met roltrappe af en trappe op om met 2 lyne uiteindelik by ons stasie uit te kom. Gelukkig is ons twee keer deur jong mans gehelp, anders was ons miskien nog daar onder. Toe ons uiteindelik op straat vlak kom toe reen dit en 'n taxi bestuurder vra ons toe Zar80 om hotel toe te gaan. Pa se toe 'nee' want ons het geweet dit is loop afstand. Gelukkig kom daar toe 'n private man en wys ons waar die hotel is -- so 10min weg. Ons kom toe soos nat rotte daaraan. Gelukkig het ons 'n taxi geneem na die Metropol hotel toe ons by Johan aansluit het. Nou wil ons na die Sneltrein na StPetersburg gaan en weens die verkeer raai die hotel ons aan om op die Metro te ry -- met al ons sakke - weer. Op die laaste oomblik het ons tog besluit om 'n huurmotor te neem en toe heel vroeg by die stasie aangekom

Pa het vanmore na die Museum of Modern History gegaan ( vorig: museum of the Revolution) en ek wou St Basils sien en ook vir Lenin in sy mausoleum. Laasgenoemde is weg met vakansie want more is hulle groot vakansie dag en sy mausoleum is toe! Nou wag ek vir Pa by die Hotel.

Die weer hier was wonderlik en ons het baie gesien maar weens die vakansie dag more was die Kremlin ook toe behalwe vir hulle 'armoury'wat baie goed was met wonderlike skatte van die die Tsars en ander adel. Robert was 'n bietjie verveeld want daar was so baie. Hy kan maar net so veel ikone of silwer bakke besigtig en ek kan weer net een of twee ruimtevoertuig kapsules waardeer!

I must just add that we did go to the Russian Space museum. The monument to their winning flight around the earth is just beautiful. I have a lovely photo but just cannotseem to copy it to my iPad so do not have it here. We saw many many flight capsules so Oupa owes me a few churches! In addition I took a photo of the tools which the Russians took up in one of their trips -- Clive, as a terrific Makita fan, you will be very happy to see that it is a Makita drill!


 

1 comment:

  1. Glad to hear from you. It is nOT easy, especially with luggage, but you seem to be determined.
    Try and enjoy and have some vodka......
    Sunday is father'sday here.
    This weekend we will see Hennie and Johan before they are off to Japan.
    Fond regards from Hermanus

    ReplyDelete